Home » Content » Simone breaks discus world record at World Para Athletic Championship in Nottwil, Switzerland

Simone breaks discus world record at World Para Athletic Championship in Nottwil, Switzerland

Image: 

Simoné made us proud in Nottwil, Switzerland during the World Para Athletic Championship in August. Here is a short summary written by our star herself on the fantastic experience:

"Ek het in Nottwil, Switserland van die 1ste tot die 4de Augustus 2019 aan die Wêreld Para Atletiek Jeug Kampioenskappe deelgeneem.

My 2 items was diskus en gewigstoot. By die gewigstoot was dit moeilike omtandighede, want dit het gereën. Ek het steeds ‘n goeie afstand van 12.52 m gegooi, wat 6 cm kort was van die wêreldrekord (2 kg gewig) wat vir my 1132 punte gegee het. Die diskus was ook baie moeilike omstandighede met die medalje parades wat heeltyd aangehou het wanneer ons moes gooi en dan moes ons heeltyd wag. Ek het darem steeds ‘n nuwe wêreldrekord gegooi met ‘n afstand van 38.63 m wat vir my 1149 punte gegee het. Ek het die ou wêreldrekord met 5 meter verbeter. In albei my items het ek gewen.

Switserland was ‘n baie lekker ervaring en dit was ‘n voorreg om daar te kon deelneem. Die land is baie mooi en ek sien uit om weer daar deel te neem.

Baie dankie Turke vir al julle moeite om ons by Switserland te kry. Ons waardeer dit regtig baie. Dankie ook dat julle my nog elke keer by die lughawe kom afsien het, dit is so lekker."

Tags: